Cancion : Ontwaak Artista : Arno Carstens Album : Die Aandblom 13 Url : https://www.letras10.co/letra-ontwaak-de-arno-carstens Die som van ons probleme stuur vir almal 'n boodskap van hoop Ek dink my vriend is die messiah, eenvoudig volmaak Verafsku deur die massas, alleen denkend en knaend onvanpas Sou dit hy wees wat die wêreld eendag laat herontwaak Wakker klap Wakker klap Ontwaak in hierdie uur van nood Laat die storie aan jou behoort Waar daar rook is is daar 'n vuur Ontwakend self gemaskerde dier Ek verstik in hierdie vokken rook O dis onsin hierdie ondier Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self agter diе masker Ja agter die maskеr 'n gewapende dier Soms skryf vir almal 'n getikte brief met 'n pen Om ons te herinner aan die prag van eenvoud en ons doel om te verken, verken Ontwortel omhoog, voorwaarts sag In hierdie oerwoud is jy die byl, in hierdie leeftyd is jy gesag Varsklap Varsklap Ontwaak in hierdie uur van nood Laat die storie aan jou behoort Waar daar rook is is daar 'n vuur Ontwakend self gemaskerde dier Ek verstik in hierdie rook O dis onsin hierdie ondier Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self agter die masker Ja agter die masker 'n gemaskerde dier Hy sê ons moet glimlag en dans in die tronke van verdriet En nooit opsy staan vir 'n beter lied 'N Atoombom van hartstog is net tydelik my vriend En jou voorbeeld van blydskap is sterker as verdriet Ontwaak in hierdie uur van nood Laat die storie aan jou behoort Waar daar rook is is daar 'n vuur Ontwakend self gemaskerde dier Ek verstik in hierdie rook O dis onsin hierdie ondier Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self agter die masker Agter die masker 'n gewapende dier ========================== Letra descargada de Letras10.co ==========================