Cancion : Kleintyd Verby Artista : Coenie De Villiers Album : KarooNagte Url : https://www.letras10.co/letra-kleintyd-verby-de-coenie-de-villiers (1) Koejawels ruik na Sondae toe ek klein was En uit die boom se mik gereik het na die son Maar nou, nou dat die boom nie meer dra nie Het ek bitter-amandelsmaak leer ken (KOOR) Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer Van die rowe op my knieƫ Wat net 'n botterboom kan gee (2) Granate langs die grensdraad in die najaar So helder soos die toekoms van 'n kind Maar dan vervaag die rooi en vloei die kleure Tot 'n grysheid wat stom is en blind (TUSSENSPEL) (3) Kopersamowar en geelhoutgrein Kanferfoelielaning en die pyn Van wonder waar die kronkel-kronkels lei En of 'n langer lewe so akuut sal bly (KOOR) (Herhaal KOOR) ========================== Letra descargada de Letras10.co ==========================