Cancion : My Engel Artista : Die Melktert Kommissie Album : Wonderwoorde Url : https://www.letras10.co/letra-my-engel-de-die-melktert-kommissie Jy stuur vir my mooi boodskappe Saam met die wind En ek sien jou glimlag daagliks In elke verlore straatkind En dan pos jy 'n reënwolk Om saam met my te treur In koeverte van verlange En seëls gedruk in ink van seer Want jy's my engel Kom kuier by my vanaand My engel Wat tussen 'n duisend liggies baljaar Agter branders waar die son min skyn En die mense altyd so jaag My engel kom raak rustig Hier langs my lyf vanaand Ooh whoo hoo whoo hoo Ooh whoo hoo whoo hoo In jou ou voetspore In jou ou land Volg ek die kronkelpad Van ons vriendskapsjare En alles wat jy my geleer het Al die woorde wat ons deel Moes ek vasklou aan ‘n bondel liefde Om die pyn mee weg te streel Want jy's my engel Kom kuier by my vanaand My engel Wat tussen 'n duisend liggies baljaar Agter branders waar die son min skyn En die mense altyd so jaag My engel kom raak rustig Hier langs my lyf vanaand Oor 'n bottomless koppie koffie Moes ek my bottomless liefde Aan jou verklaar Met die woorde van 'n spyskaart Moes ek vir jou vaartwel Want jy's my engel Kom kuier by my vanaand My engel Wat tussen 'n duisend liggies baljaar Agter branders waar die son min skyn En die mense altyd so jaag My engel kom raak rustig Hier langs my lyf vanaand Ooh whoo hoo whoo hoo Ooh whoo hoo whoo hoo Ooh whoo hoo whoo hoo (whoo hoo) Ooh whoo hoo whoo hoo Want jy's my engel (engel) Whoo hoo whoo hoo Whoo hoo whoo hoo Whoo hoo (whoo hoo) Whoo hoo (hoo whoo hoo) ========================== Letra descargada de Letras10.co ==========================