Letra Innie Langgras de Die Melktert Kommissie

Letra de Innie Langgras

Die Melktert Kommissie


Innie Langgras
Die Melktert Kommissie
(0 votos)
Innie langgras
Onder sterre wat skyn
Het jou woorde verdwyn
En my hart het
Saam met krieke se beat
Heel uitgefreak
In die moment
Het ek te veel gepraat
Jy't jou oë toegemaak en stilgebly
Ek het aanhou stry
Toe reach jy uit en neem my weg
En nou
Tel ek alleen die branders
En jy soek iemand anders
Met meer tyd wat jou vir ewig vas kan hou
En ek benodig meer woorde
Speel vir jou valse akkoorde
Probeer verduidelik wat ek wil hê
En hoekom ek so min kan sê
In die wolke
Was my mind gewees
Ek was jonk van gees
En jou woorde
Saam met liefde aan my hart gekleef
En ek wonder of jy nog kan sê
Waar my sproete lê
En sterrekyk maar dis als verby
Fluit-fluit ons storie is uit
En nou
Tel ek alleen die branders
En jy soek iemand anders
Met meer tyd wat jou vir ewig vas kan hou
En ek benodig meer woorde
Speel vir jou valse akkoorde
Probeer verduidelik wat ek wil hê
En hoekom ek so min kan sê
Jy het my gevra
Of ek jou nog liefhet
En silence het my oorval
Toe staan en loop jy net
Nou wonder ek wat ek môre vir jou sal sê
As jy my by sunflower vra wat ek wil hê
Die vriende ding is in jou oë 'n cliché
Ek begin weer baie praat
Toe kyk jy weird na my
Nou's al jou rose briefies
Mooi woorde liefies
Deel van 'n memory
Totdat ek jou weer sien
En nou
Tel ek alleen die branders
En jy soek iemand anders
Met meer tyd wat jou vir ewig vas kan hou
En ek benodig meer woorde
Speel vir jou valse akkoorde
Probeer verduidelik wat ek wil hê
En hoekom ek so min kan sê


Comparte Innie Langgras! con tus amigos.


Que tal te parece Innie Langgras de Die Melktert Kommissie?
Pesima
Mala
Regular
Buena
Excelente