Letra Stalag 17 de Coenie De Villiers

Letra de Stalag 17

Coenie De Villiers


Stalag 17
Coenie De Villiers
(0 votos)
Hy is 'n oorlogsveteraan wat die verskrikking van die
Stalag 17 kamp oorleef het deur aan 'n besonderse
Herinnering vas to kleef: 'n groep sigeuners het buite die
Kamp verbygetrek. Hy het gesien hoe die sigeunermeisie
In haar rooi rok die dans van die sigeuners, die czarda
Dans. Sy was onbereikbaar vér anderkant die rolle
Doringdraad; hier binne was dit slegs sneeu wat oor
Die barakke neersif. Nou is hy oud en vergete; saans pak
Hy sy medaljes uit op die bed. In sy klein woonstelletjie
Hoog bo die besige strate van Hillbrow dink hy aan haar
Die sigeunerin van Stalag 17

Hoog bo die stad
Woon 'n man oorspronkilk uit Daljosafat
Met net 'n stoel en 'n bed en medaljes wat
Herinner aan dae lank vervloë

Lank reeds versoen
Met die pyn en sy pensioen
'n veteraan van digby tagtig jaar
Se oorlog en vrede

En soms as hy staar
Deur die rookbeleë skemer waar
Die aandverkeer 'n halssnoer bind
Deur die stad se donker labrint

(koor)
Dink hy aan Stalag 17
Waar hy eens deur die draad
'n sigeunerin kon sien
Wat soos 'n bloedvlek teen
Die somber woud se sneeu
'n laaste czarda dans...

Die foto vergeel
Maar sy naam bly stees 'n belangrike deel
Van 'n ou en 'n byna vergete verhaal
Wat vertel van oorlog en vrede

Deur die donker beleër speel hy solitêr
Om die gedagtes te keer wat telkens dwing
Om deur sy skanse te dring
En die spel te verbreek

En soms as hy tuur
Deur die masker van die donker uur
Word die stad se lig 'n firmament
Maar die flikkering bly onbekend

(koor)


Comparte Stalag 17! con tus amigos.


Que tal te parece Stalag 17 de Coenie De Villiers?
Pesima
Mala
Regular
Buena
Excelente