Letra Kleintyd Verby de Coenie De Villiers

Letra de Kleintyd Verby

Coenie De Villiers


Kleintyd Verby
Coenie De Villiers
(0 votos)
(1)
Koejawels ruik na Sondae toe ek klein was
En uit die boom se mik gereik het na die son
Maar nou, nou dat die boom nie meer dra nie
Het ek bitter-amandelsmaak leer ken
(KOOR)
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Van die rowe op my knieë
Wat net 'n botterboom kan gee
(2)
Granate langs die grensdraad in die najaar
So helder soos die toekoms van 'n kind
Maar dan vervaag die rooi en vloei die kleure
Tot 'n grysheid wat stom is en blind
(TUSSENSPEL)
(3)
Kopersamowar en geelhoutgrein
Kanferfoelielaning en die pyn
Van wonder waar die kronkel-kronkels lei
En of 'n langer lewe so akuut sal bly
(KOOR)
(Herhaal KOOR)


Comparte Kleintyd Verby! con tus amigos.


Que tal te parece Kleintyd Verby de Coenie De Villiers?
Pesima
Mala
Regular
Buena
Excelente