Letra Ontwaak de Arno Carstens

Letra de Ontwaak

Arno Carstens


Ontwaak
Arno Carstens
(0 votos)
Die som van ons probleme stuur vir almal 'n boodskap van hoop
Ek dink my vriend is die messiah, eenvoudig volmaak
Verafsku deur die massas, alleen denkend en knaend onvanpas
Sou dit hy wees wat die wêreld eendag laat herontwaak
Wakker klap
Wakker klap
Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur
Ontwakend self gemaskerde dier
Ek verstik in hierdie vokken rook
O dis onsin hierdie ondier
Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self agter diе masker
Ja agter die maskеr 'n gewapende dier
Soms skryf vir almal 'n getikte brief met 'n pen
Om ons te herinner aan die prag van eenvoud en ons doel om te verken, verken
Ontwortel omhoog, voorwaarts sag
In hierdie oerwoud is jy die byl, in hierdie leeftyd is jy gesag
Varsklap
Varsklap
Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur
Ontwakend self gemaskerde dier
Ek verstik in hierdie rook
O dis onsin hierdie ondier
Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self agter die masker
Ja agter die masker 'n gemaskerde dier
Hy sê ons moet glimlag en dans in die tronke van verdriet
En nooit opsy staan vir 'n beter lied
'N Atoombom van hartstog is net tydelik my vriend
En jou voorbeeld van blydskap is sterker as verdriet
Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur
Ontwakend self gemaskerde dier
Ek verstik in hierdie rook
O dis onsin hierdie ondier
Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self agter die masker
Agter die masker 'n gewapende dier


Comparte Ontwaak! con tus amigos.


Que tal te parece Ontwaak de Arno Carstens?
Pesima
Mala
Regular
Buena
Excelente